Deur liefde het ons mekaar gevind en deur liefde word ons in eg verbind. Hiermee word U hartlik uitgenooi na die huweliksbevestiging van Lizelle Sander & Heinrich Döring
ONS LIEFDESVERHAAL
waar alles begin het
Ons het mekaar op 30 Julie 2021 by Capital Craft ontmoet. Ons het so lekker gekuier dat die kelnerin ons uiteindelik moes vra om te loop, want hulle wou sluit. Daarna het ons dag en nag op WhatsApp gesels. Ons eerste “coffee-date” was twee weke later by Royal Danish, en weer eens het ons so lekker gekuier dat hulle ons moes vra om te loop, want hulle wou sluit.
Toe volg koffiedrink by die huis, en uiteindelik ons eerste amptelike aand uit was op 27 Augustus, waar ons sushi gaan eet het en wat tot vandag toe ‘n tradisie geword het om dit een keer ‘n maand te doen.
Van daar af het ons verhouding en vriendskap gegroei, en op 19 November 2021 het hy uiteindelik die eerste groot vraag gevra – om sy meisie te wees, of beter bekend as die kys. Op 4 Mei 2024 het ons verloof geraak, en hier staan ons nou – gereed vir ons volgende hoofstuk saam!
Ons beloof vir ewig
VRYDAG | 02 MEI 2025 | 14:30 VIR 15:00
Dae
Ure
Minute
Sekondes
VENUE
The Bamboo
Gaste Arriveer 14h30 Seremonie begin stiptelik om 15h00 Troue eindig 23h30
DRAG Ons versoek dat alle gaste formeel / semi-formele drag dra. Vermy asseblief enige kleure wat tipies vir die bruid gereserveer is… Geen denims
METGESELLE & KINDERS SLEGS PER UITNODIGING
KROEG Daar sal n kontantkroeg beskikbaar wees. Kaart fasiliteite ook beskibaar
GESKENK WENK Om julle teenwoordigheid op ons spesiale dag saam met ons te deel, is reeds die grootste geskenk. Indien jy egter graag ‘n bydrae tot ons toekoms wil maak, sal ons ’n finansiele bydra baie waardeer.